SKATKISBOEKE • Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet • Memories of vintage books is a treasure to enjoy

DIE SWART LUIPERD REEKS

Onder versamelaars is die Swart Luiperd slapband storieverhaal boekies (Pronk en Sirkel uitgawes), seker van die gewildste versamel items van ons tyd. Wyle Braam Le Roux en Meiring Fouche het verhale geskep wat die avontuur instink in elke jong leser wakker gemaak het. Dit is dan geen wonder dat hierdie uiters gewilde karakter dan ook sy pad na die fotoverhaal mark gevind het nie. Die reeks het egter in sterk kompetisie met die “Ruiter in Swart” verskyn. Omdat die sogenaamde Suid-Afrikaanse “cowboy” verhaal so gewild was in daardie tyd, was die Swart Luiperd weer in die avontuur wêreld van die ou Transvaalse goudvelde geplaas. Die hoofkarakter was dus nie die bekende Leon Fouche nie, maar Baron Rolf du Plessis. Hy was in die geheim die gevreesde Swart Luiperd. Met staal vuiste en vlammende rewolwers het hy reg en geregtigheid in die woeste Laeveld laat geskied. Net soos die Ruiter in Swart, was hy meeste van die tyd ook in swart geklee, maar hy het ’n baie oortuigende masker van ’n “regte” swart luiperd gedra. Die vlammende oë en die oopbek met reuse slagtande moes ’n groot indruk op skurke van sy tyd gemaak het. Die groot stryd was egter vir hom om sy identiteit voortdurend geheim te hou. Sy teenstanders was dan ook skurke van die tydvak. Braam Le Roux se Swart Luiperd (storieverhale) het matige wetenskapsfiksie in gehad. Die fotoverhale was weer beperk tot veediewe, plaas rowers, struik rowers,en smokkelaars van alle soorte. Gaan lees gerus meer oor die Swart Luiperd by Potpouri vir meer inligting. Die skrywer van die fotoverhale, asook die naam van die rol spelers is nie aan my bekend nie. Miskien kan van die lesers hand bysit en ons laat weet, (deur Koos Papenfus).

⭐ 29 Voorblaaie Gelys 📖 Fotoverhale
🔍

VOORBLAAIE VERSAMELING

29 Items
#11 Die Swart Luiperd

Die Swart Luiperd

Tot hiertoe, Judas
#64 Die Swart Luiperd

Die Swart Luiperd

Soos rotte uit 'n wrak
#65 Die Swart Luiperd

Die Swart Luiperd

'n Koeël vir die meisie
#67 Die Swart Luiperd

Die Swart Luiperd

Glimlag van verraad
#68 Die Swart Luiperd

Die Swart Luiperd

Voëlvry
#70 Die Swart Luiperd

Die Swart Luiperd

Haal af jou masker
#71 Die Swart Luiperd

Die Swart Luiperd

Sy laaste komplot
#74 Die Swart Luiperd

Die Swart Luiperd

Die moordenaar stuur groete
#77 Die Swart Luiperd

Die Swart Luiperd

So sal jy boet
#78 Die Swart Luiperd

Die Swart Luiperd

Wet van die koeël
#79 Die Swart Luiperd

Die Swart Luiperd

Grynslag van die swendelaar
#84 Die Swart Luiperd

Die Swart Luiperd

Soos Dawid van ouds
#85 Die Swart Luiperd

Die Swart Luiperd

Graf sonder lyk
#87 Die Swart Luiperd

Die Swart Luiperd

Bedrieërsloon
#88 Die Swart Luiperd

Die Swart Luiperd

Vermis in die vreemde
#89 Die Swart Luiperd

Die Swart Luiperd

Alles net vir goud
#90 Die Swart Luiperd

Die Swart Luiperd

'n Koeël is sy erfenis
#91 Die Swart Luiperd

Die Swart Luiperd

'n Graf vir 'n gryper
#92 Die Swart Luiperd

Die Swart Luiperd

Hul laaste rooftog
#93 Die Swart Luiperd

Die Swart Luiperd

Afspraak met die laksman
#94 Die Swart Luiperd

Die Swart Luiperd

Vrug van sy haat
#98 Die Swart Luiperd

Die Swart Luiperd

Laaste dobbelspel
#108 Die Swart Luiperd

Die Swart Luiperd

Verraaiers in hul midde
#109 Die Swart Luiperd

Die Swart Luiperd

Pad van die gierigaard
#110 Die Swart Luiperd

Die Swart Luiperd

Rower agter die masker
#115 Die Swart Luiperd

Die Swart Luiperd

Vir die prys van 'n lewe
#161 Die Swart Luiperd

Die Swart Luiperd

Die vervloekte skatDie Swart Luiperd
#162 Die Swart Luiperd

Die Swart Luiperd

Man sonder gewete
#195 Die Swart Luiperd

Die Swart Luiperd

Noem hom reus